Die skepe vertoef ‘n wyle voor hulle weer die oopsee vat, maar keer altyd terug hoe swaar ook die stormweer. Oor minder as ‘n jaar sien jy my weer, my skat, terug voor ek weer vir ‘n jaarreis uit laveer. Almal keer weer terug behalwe die beste kameraad, behalwe die trouste, mees geliefde vrou, Almal keer terug, behalwe dié mense naaste aan jou, daarom sal ek nie op die noodlot, en nog minder myself vertrou. Dit sal beter wees as hulle sterf, al wens ek dit nie: pynlik hierdie gier om van mekaar af weg te gaan. Maar ek keer altyd na my vriende terug, in ‘n droom, en ek sing - oor minder as ‘n halfjaar is ek hier om oor te staan.
© Johann de Lange. Vertaling, 2014